Newsletters
  • Sign Up
  • View Archive
Bookmark with...

About This Book

Nuwe Alles-In-Een Handleiding vir Voorskoolse Aktiwiteite
R

Die handleiding bevat lesplanne vir elke dag en is saamgestel volgens die Nasionale Kurrikulumraawerk vir kinders van geboorte tot vier jaar om onderwysers, onderrigpraktisyne, ouers en oppassers te help om hulle peuters, kleuters en kinders op pad na Graad R te onderrig op ’n speelse manier.

Elke week (daar is 40 weke) begin met ‘n spinnekopdiagram, agtergrondinligting oor die vaardigheidontwikkeling van die week, en begin dan met ’n sirkelaktiwiteit vir elke dag (met twee addisionele aktiwiteite) wat u met die kind doen en eindig met ’n storie. Dit bevat ook ’n “Bak-en-brou”-aktiwiteit aan die einde van die week waar die kind eetbare voorwerpe maak (soos ‘n varkkoekie wat by die “Plaasdiere”-tema aansluit asook ’n poppekasstorie.

Die handleiding bevat

- aktiwiteite wat al die ELDA’s (vroeë leerontwikkelingsareas soos “Kreatiwiteit”, “Welsyn”, ens., dek.
- agtergrondinligting oor die voorskoolse program.
- wenke vir aktiwiteite wat met behulp van goedkoop en maklik verkrygbare materiale voltooi kan word.
- basiese konsepte wat die kind moet leer.
- temas soos “Ek”, “My liggaam”, “Diere” (met aparte temas soos “Voëls”, “Troeteldiere” en “Plaasdiere”), en “My omgewing”, ens.

Die handleiding sal u help om u kind suksesvol na Graad R te vorder. Die doel van die handleiding is om kinders speel-speel op te voed en hulle vaardighede te ontwikkel.




Buy This Book

Available at:

Price (incl. VAT):

More Info

Nuwe Alles-In-Een Handleiding vir Voorskoolse Aktiwiteite

Category: R
ISBN: 9781776070404
Date Released: 31 January 2017
Price (incl. VAT): R 375.00
Format: Soft cover, 230pp

Downloads

Click here to search for downloads

Best Books also recommends these titles: